Lief

Gee my jou hand
draai jou arms om my middel
Want ek is lief vir jou
Praat met my
Vertel my jou verhaal
Want ek is lief vir jou.

Ek gee my oor
Want ek is lief vir jou
Ek is lief vir jou
net omdat jy dit is.

Oop jou oë as ons neuse mekaar raak
en ek sien hoe mooi jy is.

Jy gaan langs my op die bank sit
jou hand wat oor my rug streel
Want jy is lief vir my

Die glimlach wat rondom jou mond speel
as ons mekaar ontmoet
wat my lippe soek
Want jy is lief vir my
Jy is lief vir my
net omdat ek dit is.

Ons glimlag as ons soen
ons ken mekaar
Want ons is lief vir mekaar.

Jy moe nie weggaan nie
As die pad ons uitdaag
en die twyfel jou hart omring
Want ons is lief vir mekaar.

Ons het gereis deer die jare
om te groei
om ons vorm te kry
tot die pad ons hier
teenoor mekaar het gebring

Advertentie

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit /  Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit /  Bijwerken )

Verbinden met %s